|
Dienste:
Aanlyn terapie:
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Aanlyn e-pos terapie beteken eenvoudig ons skryf vir mekaar.
-
Die voordeel is dat jy rustig (en onmiddellik) in jou eie ruimte jou denke kan verwoord.
-
Skryf is ook 'n effektiewe manier waarop jy jou situasie kan omskryf bloot omdat jy afstand bring tussen jouself en die probleem.
-
Jy is nie die probleem nie, die probleem is die probleem!
My terapeutiese benadering is narratief.
-
Dit beteken dat jy, en nie ek nie, die skrywer van jou lewensverhaal is.
-
Ons soek saam na die ligpunte in jou verhaal om sodoende 'n alternatiewe realiteit die lig te laat sien wat die toets van tyd kan deurstaan.
E-pos
-
Skryf na
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
-
-
Ek antwoord so gou moontlik met 'n ontvangserkenning en binne 'n maksimum van 24 uur begin ons gesels.
-
Ons gesels via e-pos.
-
Ons hoef nie saam aanlyn te wees nie. Om die waarheid te sê, dis beter as jy en ek beide tyd het om op mekaar se skrywe deeglik te lees.
-
Jy kan laat weet as jy ons sessie/s wil beëindig.
-
Onthou ek sal nooit jou vraag en my antwoord openbaar maak nie, behalwe aan my supervisor. Sy is 'n psigoterapeut en geregistreerde maatskaplike werker. As jy verkies dat sy nie ons gesprek sien nie kan jy net so vra en ek sal dit eerbiedig.
-
Facebook
Koste
-
'n Vertrouensverhouding: Soos jy my vertrou met die besonderhede van jou lewe, vertrou ek dat jy 'n donasie in my rekening sal plaas vir my diens.
-
Hoeveel? Jy besluit.
-
Ek sal my bankrekening besonderhede met die ontvangserkenning stuur.
-
Baie dankie.
|