Hoekom?

Hoekom aanlyn terapie? *

open

  • Jou terapie begin onmiddellik. Skryf en stuur. Nou, vandag, wanneer jy dit nodig het.
  • Sonder afspraak.
  • Jy kies die tyd - net wanneer dit jou pas - middel van die nag; voor brekfis; vakansiedae.
  • Jy kies die plek - jy skryf vanwaar jy op jou gemak is; omring deur jou goed. Nie in my spreekkamer met my goeters nie.
  • Jou terapie is mobiel. Waar jy ookal is, daar kan jy skryf en stuur: Kombuis; kliniek; wagkamer; voor die vliegtuig opstyg; seiljag in die Middellandse see; Underground Tube in Londen...
  • Gerieflik en minder van 'n beslommernis as om aan te trek en iewers heen te ry om my te sien.
  • Anoniem.
  • Wanneer jy skryf, eerder as praat, sien jy jou denke. Dit is verhelderend, kalmerend.
  • Jy kan vir jare terugverwys na ons gesprek want dis als neersgeskryf; jy kan dit selfs vir jou partner of vriende wys.

* Ek skryf tans 'n MA verhandeling in Narratiewe Terapie oor hierdie vraag. Laat weet gerus as jy meer wil weet.

 

Onthou jy kan my ook kom sien as jy wil! Skryf vir my na Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien en bespreek 'n sessie.

 

 

Kom kyk na ons Facebook blad
Copyright © 2005 - 2012 Hartjie.com
Bepalings en Voorwaardes