| Retreats |
|
'n Retreat of Retraite, Afsondering, Nabetragting, Stiltetyd... Hartjie is in die 1990's in Wallis in die kuns van Retreat begeleiding opgelei. Hy het in die Sahara woestyn en Frankryk (Parys, Vezelay, die Magdala Retreat House en Taize) met monnike geleef. Sedertdien het hy vele tematiese retreats, stil retreats en meditatiewe retreats in groeps- en individuele verband begelei. Wat is 'n Retreat? 'n Retreat is 'n veilige plek vir 'n mens se hart om na vore te kom. Soos 'n skilpad wat stadig haar kop uitsteek wanneer dit stil en veilig word. Hoe? Aha, dis die kuns! Dis 'n natuurlik-pragtig-maklike kuns. Waar? Hartjie se retreats is in die natuur en in ou kloosters. Wanneer? Hou gerus Hartjie se Facebook profiel dop vir 2011 se retreat temas en datums of doen navraag by Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien . |