|
Hartjie is eintlik 'n hedendaagse "anchorite". Tradisioneel sou 'n "anchorite" hom of haar in een plek veranker. Die doel van die verankering was juis om toeganklik en beskikbaar te wees vir mense in die straat. Die "anchorite" sou letterlik 'n kamertjie betrek met 'n venster op die besige dorpsplein. Mense sou dag en nag na die venster kom om te gesels en te vra dat die anchorite na hul harte luister. Dis wat ek vandag doen.
Wat gaan hier aan?
- Ek luister na jou persoonlike lewe.
- Jy kan met my gesels via e-pos.
- Ek stuur eers 'n ontvangserkenning en ons begin gesels binne ‘n maksimum van 24 uur.
Wie is ek?
- Ek is Herman Holtzhausen. Ek't 'n hart wat luister.
- Ek leef met my vrou en kinders in die afgeleë Noord-Wes nadat ons in die stad en Engeland gewoon het.
-
Alhoewel my werk my wêreldwyd neem, het ons besluit om hier op ons geboortegrond, as 5e en 6e geslag, te vestig.
- My lewenstaak is om stil te luister.
Bio:
-
Hartjie is lieflik, post-religieus en getroud met twee kinders in Suid-Afrika.
-
Hy het swart vriende, bruin vriende en wit vriende.
-
Met groot genade kon geen travels, leerdery of dogma die inlêwerk van sy dierbare ouma uitwis nie. Saam sou hulle voor hanekraai appelkose in die skemer plaaskombuis inlê. Die familie glo vas dis met die inlê dat sy ouma die Groot Gees in die Consol bottel van sy glashartjie toegeskroef het.
Belangstellings:
- "My hart en jou hart se donkergrond.
- Foxterriers.
- My Engelse vrou se Afrikaans.
- Die wildernis.
- My kinders se toekoms.
- Uile.
- Dit waarvoor ons kaarte nie kan maak nie.
- Trapfietsry.
- Stronke vir die winter vuur in die Aga.
- Vuurvliegies.
- Musiek: Tom Waits se Black Wings maar nie die versies van eye en tooth nie.
- Geloofsoortuiging: Ek glo stories."
|